Ons Storie...
Bloed Broers is gebore uit ‘n enkele betekenisvolle oomblik. ‘n Wegbreeknaweek, vier broers, vier skote, een teiken. Vier presiese merke wat nie net impak wys nie, maar ‘n storie dra. Waar daardie koeëls die teiken gevind het, het iets dieper wortel geskiet : lojaliteit, vertroue, en ‘n onbreekbare familieband, gebou op eerlikheid en integriteit.
Ons logo verewig daardie vier skote, presies soos dit geval het. Dit is nie bloot ‘n ontwerp nie, maar ‘n simbool van wie ons is. ‘n Nalatenskap van broederskap, vertroue, en gedeelde visie.
Ons maak nie net leer- en houtprodukte nie, ons vorm elke stuk met uitsonderlike vakmanskap, sorg en siel. Ons bied nie net klere nie, elke vesel dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.
Gebou op vertroue, gedra deur geloof.
Vir ons mense, deur ons mense.
Dis die een!

BRAVO 3 - Chris

BRAVO 2 - Dawie