Untitled design (5)

Welkom by Bloed Broers

Handgemaakte produkte, klere en geskenke met karakter.

Ons maak en verkoop kwaliteit leer- en houtprodukte, klere, pette en mussies, handelsmerkprodukte en geskenke wat iets van ons mense dra. Kyk deur ons winkel en kry iets wat by jou, jou familie of jou volgende geskenk pas.

Untitled design (5)

Elke produk dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.

Geen leë stories nie, net wie ons is…. ’n Nalatenskap van broederskap, vertroue, geloof & liefde.

Betaal maklik en veilig met kaart of instant betaling by checkout.

Ons stuur bestellings regoor Suid-Afrika met Courier Guy aflewering.

Koop Volgens Kategorie

Kry Wat By Jou Pas

Van leer en hout tot klere, pette, handelsmerkprodukte en geskenkbokse — ons het alles op een plek bymekaar gesit sodat jy maklik kan kry waarna jy soek.

Leer Produkte

Handgemaakte leerprodukte met karakter, sorg en ’n sterk Bloed Broers gevoel.

Hout Produkte

Houtprodukte wat eenvoudig, sterk en met aandag aan detail gemaak word.

Klere

T-hemde en hoodies vir gewone dae, lang dae en Bloed Broers tipe dae.

Pette & Musse

Vir son, koue en alles tussenin — gemaklik, bruikbaar en reg vir elke dag.

Handelsmerkprodukte

Koelsakke, bottelsakke en ander items met ons merk daarop.

Eksklusiewe Geskenkbokse

Spesiale geskenkbokse met plaaslike drank, leerwerk en houtverpakking. Slegs vir 18+.

Ons Storie

Gebore Uit Broederskap. Gemaak Vir Ons Mense.

Bloed Broers is ‘n Suid-Afrikaanse handelsmerk, gebou op broederskap, familie en liefde, gestig deur broers wat die lewe se uitdagings saam oorwin het.

 

Daarom maak ons produkte wat integriteit en respek verteenwoordig, vir mense  wat waarde heg aan egtheid, gemeenskap en erfenis. 

 

Ons produkte word met trots in Suid-Afrika gemaak – vir ons mense, deur ons mense – met ‘n sterk fokus op gehalte, bekostigbaarheid en volhoubaarheid.

 

By Bloed Broers kry jy meer as net produkte;  jy word deel van ons trotste Bloed Broers familie.

Gebreide Bloed Broers-wolmussie met skaapwolvoering

Uitgesoekte Produkte

Kyk Wat Ons Vir Jou Reg Het

Ons het ’n paar produkte uitgesoek sodat jy vinnig kan sien waarvoor ons staan — leer, hout, klere, handelsmerkprodukte en geskenke met karakter. Blaai deur die reeks en kry iets wat by jou pas.

Hoekom Ons?

Ons Maak Dit Nie Net Om Te Verkoop Nie...

Ons vorm elke stuk met uitsonderlike vakmanskap, sorg en siel, elke vesel dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.

Ons bou elke produk rondom dit waarvoor ons staan: familie, broederskap, vertroue en kwaliteit wat jy kan voel. As ons naam daarop is, moet dit iets wees wat ons met trots kan gee, dra of gebruik.

Ons leer- en houtprodukte word met aandag, tyd en trots gemaak.

Ons is ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk met die leuse: “Gebou op Vertroue, Gedra deur Geloof. Vir ons mense… Deur ons mense.”

Ons fokus nie net op goed wat mooi lyk nie, maar bou produkte wat saam met jou kan oud word.

Geskenke Met Karakter

Gee iets wat die moeite werd is, iets wat betekenis dra, die nalatenskap van ons kultuur & erfenis.

Of jy nou ’n spesiale geleentheid vier of net jou daaglikse avonture aanpak, Bloed Broers is hier om jou te vergesel op elke stap van jou reis. Kies van ons bestaande produkte, of kontak ons as jy ’n spesiale pakket in gedagte het.

Wat Ons Mense Sê

Vertroue Wat By Die Mark Begin Het

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Rated 4.5 out of 5

Voorbeeld Review

Backpacker

Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.

Rated 5 out of 5

Voorbeeld Review

Model

Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.

Rated 5 out of 5

Voorbeeld Review

Photographer

Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.

Veilige Betaling

Betaal maklik en veilig aanlyn met kaart of instant betaling by checkout.

Courier Guy Aflewering

Ons stuur bestellings regoor Suid-Afrika waar Courier Guy kan aflewer.

Optel Opsies

Plaaslike optel kan gereël word in Pretoria of by sekere markte wanneer beskikbaar.

Hulp As Jy Vra

Nie seker oor grootte, voorraad of ’n geskenk nie? Stuur vir ons ’n boodskap voor jy koop.

Vrae Wat Mense Gereeld Vra

Net Sodat Jy Weet Voor Jy Koop

Ons wil hê jy moet gemaklik voel voor jy iets bestel. Hier is ’n paar vinnige antwoorde oor ons produkte, betaling, aflewering, optelopsies en geskenkbokse.

Ons verkoop leerprodukte, houtprodukte, klere, pette, musse, handelsmerkprodukte en eksklusiewe geskenkbokse. Party produkte word met die hand gemaak, en ander items word met ons Bloed Broers handelsmerk afgerond.

Nie alles nie. Ons leer- en houtprodukte word met sorg gemaak, en ons geskenkbokse sluit ook handgemaakte elemente soos leerwerk en houtverpakking in. Klere, pette en sekere ander items word spesiaal vir ons gemaak of gebrandmerk.

Ons lewer regoor Suid-Afrika af waar Courier Guy kan aflewer. Jou afleweringsopsies en koste word by checkout bereken.

Produkte wat in voorraad is: 

  • Indien al die items in jou bestelling in voorraad is, probeer ons om die bestelling binne 1 tot 2 werksdae te  

Produkte wat buite voorraad is: 

  • Handgemaakte items kan gewoonlik vinnig voorberei word, en word dan so spoedig moontlik daarna versend.
  • Klere, pette & sekere ander items waar eksterne partye betrokke is, kan langer vat. Ons sal dit duidelik aandui waar nodig.

Ja, plaaslike optel kan gereël word in Pretoria of by sekere markte wanneer ons daar is. Kies die beskikbare optelopsie by checkout, of kontak ons as jy eers wil seker maak.

Jy kan veilig aanlyn betaal met kaart of instant betaling, afhangend van wat by checkout beskikbaar is.

Wanneer iets uit voorraad is, sal ons, waar moontlik, dit op die webtuiste aandui.  Meeste produkte vervaardig ons self en kan redelik vinnig gemaak word.  Ander items, waar eksterne partye betrokke is, kan ’n langer wag tydperk hê. Jy kan ons gerus kontak as jy wil weet wanneer iets weer beskikbaar gaan wees.

Party produkte kan op versoek verpersoonlik word. Dit hang af van die item en die ontwerp en wat jy nodig het. Kontak ons gerus voor jy bestel, dan laat weet ons wat moontlik is en of dit ’n verskil aan die prys gaan maak.

As die item nie gedra is nie en nog in sy oorspronklike toestand is, kan jy ons kontak oor ’n moontlike omruiling. Courier-koste vir omruilings word gewoonlik deur die kliënt gedra, tensy daar ’n fout met die produk is.

Nee. Ons alkoholiese geskenkbokse is slegs vir persone van 18 jaar en ouer. Deur so ’n produk te bestel, bevestig jy dat jy wettig oud genoeg is om alkohol te koop.

Vir ons Mense…. Deur ons Mense

Kry Iets Wat Jy Met Trots Kan Dra, Gee Of Gebruik

Of jy nou iets vir jouself soek, ’n geskenk vir iemand anders nodig het, of net wil kyk wat ons nuut het — ons winkel is oop. Gaan kyk deur ons produkte en kry iets wat by jou pas.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop